laventel-en-pekanneut-wortelkoekies

Recipe from: 4/1/2004 12:00:00 AM

Ingredients 22
Servings 24
Time 30

Ingredients

  • 300
    g
    suiker
  • 4
    groot eiers
  • 375
    ml
    olie
  • 250
    g
    wortels, geskil en fyngerasper
  • 50
    g
    appel, geskil en grofgerasper
  • 200
    g
    koekmeel
  • 10
    ml
    kaneel
  • 10
    ml
    koeksoda
  • 5
    ml
    sout
  • 25
    vars laventelblomme
  • 20
    g
    klapper
  • 100
    g
    pekanneute, gekap
  • 5
    ml
    vanieljegeursel
  • Versiersel
  • 12
    vars laventelblomme
  • 10
    ml
    suurlemoensap
  • 50
    g
    botter
  • 500
    g
    versiersuiker
  • 5
    ml
    vanieljegeursel
  • 200
    g
    gewone gladde roomkaas
  • 10
    pekanneute, fyngekap, vir versiering
  • 6
    heel vars laventelblomme, vir versiering
 

Method

30
 
1. Klop die eiers, voeg die suiker geleidelik by en klop tot romerig. Voeg die olie by en klop goed. Roer die gerasperde wortel en appel by.
2. Sif die meel, kaneel, koeksoda en sout saam. Vou dit by die eiermengsel in.
3. Maak die laventel in 'n voedsel-verwerker fyn. Voeg die laventel, klapper, pekanneute en vanieljegeursel by die mengsel en meng liggies.
4. Skep die mengsel in gesmeerde Prestige muffinpanne tot driekwart vol. Bak in voorverhitte oond vir 25 tot 30 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel.
5. Versiersel: Meng laventel en suurlemoensap en verhit vir 20 sekondes in die mikrogolfoond. Laat afkoel. Klop die botter, voeg die versiersuiker en vanieljegeursel by en meng goed. Gooi die laventelmengsel deur 'n sif en hou die sap. Voeg die sap by die versiersel en vou die roomkaas daarby in.
6. Smeer die versiersel oor die koekies en versier met gekapte neute en laventelblomme.
 

Read more on: bake
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.