Tapenade

Recipe from: February 2010
tapenade

Ingredients 14
Servings 6
Time 25 minutes

Ingredients

  • 500 g groen of swart olywe
  • 1½ eetlepel (25 ml) ingemaakte kappers
  • 2 tot 6 ansjovisfilette
  • 2 eetlepels (30 ml) olyfolie
  • 2 groot knoffelhuisies wat jy fyngekap het
  • varsgemaalde swartpeper
  • ’n drukkie suurlemoensap
  • vars tiemie, bonekruid of roosmaryn
  • 1½ koppie (375 ml) ontpitte swart olywe
  • ’n blikkie ansjovisfilette (of minder na smaak)
  • ¼ koppie (60 ml) ingemaakte kappers
  • 200 g-blikkie tuna
  • ’n eetlepel (15 ml) vars suurlemoensap
  • ; ½ koppie (125 ml) olyfolie
 

Method

 
Soms sit ’n mens met ’n paar pap olywe, wat maar net gekneus is en geensins sleg smaak nie. Hiervan kan jy tapenade maak, oftewel ’n olyfsmeer wat jy lekker kan tooi na jou smaak – soms met ’n skeut brandewyn by, soms ’n eetlepeltjie mosterd. Jy maak die tapenade só: Ontpit 500 g groen of swart olywe – jy het min verstand hiervoor nodig, maar wel geduld. Gooi dit in jou voedselverwerker of in ’n vysel. Hierby gooi jy nou 1½ eetlepel (25 ml) ingemaakte kappers, 2 tot 6 ansjovisfilette, 2 eetlepels (30 ml) olyfolie, 2 groot knoffelhuisies wat jy fyngekap het, varsgemaalde swartpeper, ’n drukkie suurlemoensap, en vars tiemie, bonekruid of roosmaryn na smaak. Tol of kap dit totdat die tekstuur vir jou reg is. Laat dit oornag in die yskas staan om die geure kans te gee om te trou, maar sit dit by kamertemperatuur voor. ’n Vullender variasie wat selfs as ’n ligte ete kan dien: Gooi in jou voedselverwerker 1½ koppie (375 ml) ontpitte swart olywe; ’n blikkie ansjovisfilette (of minder na smaak); ¼ koppie (60 ml) ingemaakte kappers; ’n 200 g-blikkie tuna, gedreineer; ’n eetlepel (15 ml) vars suurlemoensap; ½ koppie (125 ml) olyfolie; en varsgemaalde swartpeper na smaak. Krap dit in ’n bakkie of skep dit in ’n mooi bord en omring met hardgekookte eiers en jong groentetjies, soos radyse, tamaties, slaaiblare en mielies. Bedien met lekker brood.
 
 

 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.