Ricotta-sjokolademousse

Recipe from: 20 February 2010
chocolate mousse

Ingredients 8
Servings 8
Time 30 minutes

Ingredients

  • 4 eiergele
  • 100 ml (80 g) strooisuiker
  • 250 g ricotta
  • 15 ml kitskoffie
  • 2 eetlepels (30 ml) kookwater
  • 200 g gesmelte donkersjokolade
  • 1\3 tot 1\2 koppie (90-125 ml) koffielikeur
  • 250 ml room
 

Method

 
My ma se suster Janette maak ’n hemelse sjokolademousse van ricotta wat nie so ryk soos gewoonlik isnie, maar ook nou nie so dat jy dit sal agterkom nie: Klits hiervoor 4 eiergele en 100 ml (80 g) strooisuiker saam tot baie dik en lig. Klop hierby 250 g ricotta en ’n eetlepel (15 ml) kitskoffie wat opgelos is in 2 eetlepels (30 ml) kookwater. Meng dan 200 g gesmelte donkersjokolade en so 1/3 tot ½ koppie (90-125 ml) koffielikeur by. As jy nie het nie, kan jy ook Van der Hum-likeur gebruik (of ’n ander een na jou smaak). Klop ’n koppie (250 ml) room en vou dit in die sjokolade-kaasmengsel in sodat dit sulke mooi roomen- sjokoladewarrels maak. Skep in ’n bak en verkoel ’n paar uur of oornag. Genoeg vir agt mense.

 
 

Read more on: dairy
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.