Omeletpakkies met roket en parmesaan

Recipe from: 10/1/2005 12:00:00 AM

Ingredients 8
Servings 8
Time 25

Ingredients

  • 6
    eiers
  • 60
    ml
    droë witwyn
  • 15
    ml
    grasuie, gesnipper
  • 5
    ml
    sout en vars gemaalde swartpeper
  • 2.50
    ml
    olyfolie
  • 12
    sondroogtamaties in vinaigrette of olyfolie
  • 60
    g
    roketblare
  • 125
    ml
    parmesaankaas, gerasper
 

Method

20
 
1. Breek die eiers in 'n mengbak en klop dit met 'n draadklitser tot gemeng. Gooi die witwyn en grasuie by en geur dit met sout en vars gemaalde swartpeper.

2. Verhit die olyfolie in 'n kleefvrye pan en gooi net 'n bietjie van die eier by ? net genoeg om die boom te bedek. Kantel die pan sodat die eier oor die pan versprei kan word en braai dit vir sowat 'n minuut oor matige hitte tot goudbruin. Draai om en braai die ander kant. Keer dit uit en laat afkoel terwyl die res van die omelette gemaak word. Gooi nog olie in die pan, indien nodig.

3. Dreineer die sondroogtamaties, maar moenie die vinaigrette of olyfolie weggooi nie. Snipper die tamaties fyn en meng dit met die roket en parmesaan. Meng sowat 15 ml van die vinaigrette of olie by.

4. Verdeel die roketslaai tussen die 8 omelette en rol dit op. Pak dit met die naatkant na onder op 'n bord en sit dit teen kamertemperatuur voor.

 

Read more on: eggs  |  shallow-fry
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.