Mediterreense groentetert met Feta kaas

Recipe from: 1/1/2002 12:00:00 AM
Ingredients 20
Servings 4
Time

Ingredients

  • KORS
  • 800
    ml
    koekmeelblom
  • sout
  • 275
    ml
    koue botter, in blokkies gesny
  • 2
    eiergele
  • 90
    ml
    yswater
  • GROENTE
  • 300
    g
    Feta kaas, in 2,5 cm blokkies gesny
  • 2
    groot rooi soetrissies, in kwarte gesny, pitte verwyder
  • 6
    middelslag-tamaties, gehalveer, pitte verwyder
  • 1
    vinkelbol, gehalveer, in skywe gesny
  • 5
    middelslag-murgpampoentjies, in ewe groot stukke gesny
  • 60
    ml
    olyfolie
  • 8
    takkies vars tiemie
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • VLA
  • 5
    eiers
  • 410
    g
    Nestlé Ideal Melk
  • 2
    knoffelhuisies, gekneus
  • sout en vars gemaalde swartpeper
 

Method

 

Voorverhit oond tot 220 ºC.

Berei kors:
Sif koekmeelblom en sout saam. Vryf botterblokkies in droë bestanddele. Dit sal soos growwe broodkrummels lyk.
Klop eiergele en yswater saam en giet by droë bestanddele.
Sny in met 'n mes en vorm deeg in 'n bal.
Meer water sal dalk nodig wees, maar wees versigtig vir te veel.
Draai in kleefplastiek toe en plaas vir 30 minute in yskas.

Berei groente:
Versprei groente op 'n bakplaat sodat dit langs mekaar en nie bo-op mekaar lê nie.
Drup olyfolie oor en geur na smaak met sout en swartpeper. Sprinkel tiemie oor.
Rooster vir sowat 15-20 minute of totdat groente sag en goudbruin op die puntjies is. Dit kan nodig wees om halfpad deur die roosterproses van die tamatiesap te dreineer.
Laat afkoel en verwyder skille van tamaties en soetrissies. Sny in kleiner stukke.
Verlaag oondtemperatuur tot 200 ºC.
Rol deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak tot 'n dikte van 5 mm en voer 'n losboomrandpan van 30 cm en 4 cm diep met die deeg uit.
Bak kors blind vir 12 minute.
Verwyder papier en boontjies en bak vir nog 5 minute.
Rangskik groente in kors en sprinkel Feta kaas rondom.
Giet vla versigtig oor bestanddele in kors. Moenie kors oorvul nie, genoeg groente en Feta kaas moet nog bo die vla uitsteek.
Bak vir 25-30 minute of totdat vla gestol en goudbruin bo-op is.

 

Read more on: bake  |  roast  |  dairy
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.