Botterskorsiekaaskoek

Recipe from: 10/1/2009 12:00:00 AM

Ingredients 13
Servings 8
Time 20

Ingredients

  • 0
    Kors
  • 125
    g
    botter, gesmelt
  • 0
    1 pakkie (220 g) semelkoekies, fyngemaak
  • 0
    Vulsel
  • 0
    3 middelslag-botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
  • 0
    3 uie, gesny
  • 0
    olyfolie
  • 0
    sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 0
    vars salieblaartjies
  • 0
    2 sirkels fetakaas, rofweg gekrummel
  • 500
    g
    roomkaas
  • 500
    g
    creme fraiche of suurroom
  • 0
    8 eiers, geklits
 

Method

80
 
Maak die kors: Meng die gesmelte botter en koekiekrummels en druk dit liggies in 'n gesmeerde losboom-veerklamppan van 30 cm. Sit dit in die yskas.
Berei die vulsel: Sprei die gesnyde botterskorsie en uie in 'n oondroosterpan uit en drup olyfolie oor. Geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper en sprinkel salieblaartjies oor. Oondrooster dit tot gaar en sag. Haal dit uit die oond en laat dit afkoel.
Skraap die gaar botterskorsie en uie in die voorbereide kors. Sprinkel die fetakaas oor.
Meng die roomkaas, creme fraiche of suurroom en eiers saam en giet dit bo-oor die bestanddele in die kors. Bak dit in 'n verhitte oond vir 'n uur of tot gestol en goudbruin. Laat dit effens afkoel om die snywerk te vergemaklik en sit voor.
Wynvoorstel: Geniet jou gunsteling-witwyn saam met hierdie ryk kaaskoek.
 

 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.