Method:
Gesond eet is doodmaklik en blitsvinnig met dié #DieLekkerlewe kombinasie van superkosse.
- Kook die quinoa volgens die aanwysings op die verpakking.
- Sit dit dan eenkant en hou warm.
- Verhit olyfolie in ’n groot pan, en braai die worse tot verbruin en deurgaar.
- Verwyder van die hitte, laat effens afkoel, en sny dan in munte en sit eenkant.
- Voeg nog ’n bietjie olie in dieselfde pan indien nodig.
- Voeg dan die knoffel by en braai liggies tot geurig, sowat 1 min.
- Voeg die broccoli en songedroogde tamaties by en kook sowat 10 min. terwyl jy aanhoudend roer tot die broccoli versag het.
- Voeg die mieliepitte, worse en gaar quinoa in en roer sowat 3 min. sodat alles deurwarm word.
- Geur met seesout en peper en sit warm voor.
Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer en R5 000 kontant weekliks wen!