Site icon Food24

Wen ‘n kookboek met Food24!

Nazeeha Abrahams se kulinêre reis het begin toe sy as nuut-getroude ontuis gevoel het in haar eie kombuis. Tersonds is haar ma ingeroep om te kom help!

Met nuutgevonde selfvertroue het sy haar Kaap-Maleise kultuur erfenis verken en dit met die eksotiese aromas van die Durban se Speserymark aangevul. Haar familie was nog nooit so bederf nie!

Ons het vir jou ‘n geurige middagete spyskaart bymekaar gestel van Nazeeha Abrahams se wonderlike boek: ‘More than Samoosas

WEN WEN WEN!
Antwoord ‘n eenvoudige vraag en staan ‘n kans om 1 van 2 kopieë van die prag boek te wen.

V: Waar is die Speseryemark waar Naheeza haar inspirasie vind?

Hier is ‘n paar resepte en ‘n voorsmakie van haar nuwe boek.

Begin met ‘n paar Dhaltjies (tjillie happies) om die bloed aan die vloei te kry en maak gereed om ‘n heerlike, gesellige familie middagete te geniet!

Die Eid oondgebakte hoender is watertandlekker en sag. Skeur stukke vars roti op om te eet met die skaap Akhni en kreef kerrie. Sit ‘n bietjie kleur by met ‘n smaaklike groenboontjie bajie en ‘n romerige gebakte blomkool en brokkoli.

Vir nagereg, lê weg aan ‘n pragtige trifle, en moenie vergeet van die heerlike tuisgebakte melktert nie.

Geniet!