Site icon Food24

Wen ‘n kookboek met Food24!

Ons gaan jou sintue prikkel met ‘n paar voorsmakies van die fantastiese boek, ‘Let’s Braai’ deur Carmen Niehaus. Die versameling resepte besing die wondere van die buitelug vuur.

YOU se Let’s Braai is a omvattende gids, met meer as 100 lip-lek-lekker resepte en idees. Dis alles wat ‘n braaier in Suid-Afrika se hart kan begeer. Nie alleen is daar hoofstukke vir elke soort vleis nie – en dit sluit wildsvleis en seekos ook in – maar daar is ook ‘n magdom resepte vir bykosse soos brood, slaaie, groente en poedings.

WEN WEN WEN
Antwoord ‘n eenvoudige vraag en wen een van twee kopieë van die prag boek.

V: Wie is die skrywer van die boek?

Laat almal se monde water met klewerige, pikante Oosterse vark ribbetjies– dit maak ‘n heerlike peuselhappie. Kielie dan daai smaakpapille met Dukkah hoender sosaties voor jy die kinders met gourmet boerewors rolletjies bederf.


Vir die hoofgereg stel ek voor jy kies een van die volgende: ‘n eenvoudige t-been met kruie botter. Lus vir iets ‘n bietjie meer fensie? Wat van die camembert kruisskuif met gebraaide uieringe. Of, as jy meet avontuurlustig voel, hoekom probeer jy nie die oopgevlekte lamsboud nie, of dalk die vark nek met bloukaas vulsel. Ek kan dit nie hoër aanbeveel nie!

Vir ‘n heerlike soet einde, benodig jy net ‘n sak malvalekkers en ‘n takkie uit die tuin uit? Hmm.

Geniet!