Meringue-koek met toffie-appels

Sarie
6 servings Prep: 1 hr 30 mins, Cooking: 5 mins
Rate this recipe
Eggs

By Food24 November 03 2009
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (15)

8.00 eggs — whites only
250.00 g strooisuiker
200.00 g icing sugar
25.00 g cornflour
100.00 g pecan nuts — finely chopped
room
1.00 tin apples
100.00 g pecan nuts — finely chopped
Bo-op
250.00 ml cream — whipped
2.00 tin apples
400.00 g sugar
125.00 g water
10.00 ml vinegar
75.00 g gouda cheese
1.00 salt
0.00 rooi kleursel
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Die hele storie lyk nogal na ‘n groot affêre, maar jy kan die meringue-koek vooraf maak. Gebruik verkieslik ‘n elektriese menger – klits die eierwitte tot die sagtepuntstadium. Voeg nou die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Sif die versiersuiker en mielieblom saam en vou die gesifte mengsel met ‘n groot metaallepel in die eier-witmengsel. Vou die pekanneute in. Gebruik twee 20 cm-losboomkoekpanne wat jy met bakpapier uitgevoer het. Spuit die pannetjies met Spray & Cook. Verdeel die meringue tussen die twee panne. Plaas in die oond teen 120 °C vir 3 uur. Maak dan die oonddeur oop en laat heeltemal in die oond afkoel. Onthou die binnekant van die meringue sal nog sag wees, en dis wat jy wil hê. Die vulsel is heelwat makliker: Klop die room styf, voeg die geblikte appels en fyngekapte neute by. Sit die een laag van die meringue op jou opdienbord. Skep nou al die vulsel bo-op (dit klink baie, maar dis immers Kersfees!). Sit die twee meringue-koeke bo-op. Klop die ander 250 ml room styf en spuit of skep dit bo-op. Teen dié tyd moes jy al jou appeltjies gemaak het.
Toffie-appeltjies: Verhit al die bestanddele (buiten die appeltjies) stadig saam in ‘n groot kastrol. Hou aan met roer tot die suiker opgelos is. Sorg dat die suiker gesmelt is voor die mengsel kook. Kook tot ligtekraakstadium (138 °C) – as die stroop in koue water gedrup word, versprei dit in drade wat styf en effens bros is. Verwyder van hitte en doop die appeltjies versigtig in die stroop. Wees regtig versigtig omdat die appeltjies klein en die stele kort is. Laat op waspapier afkoel en versier die meringue-koek daarmee wanneer koud.



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.