Marokkaanse hoender

8 servings Prep: 30 mins, Cooking: 1 hr 25 mins
Rate this recipe
Hier’s jou kans – Noord-Afrikaanse gestoofde hoender: maklik, heerlik en ook geskik vir winkelhoenders.


By Food24 February 03 2010
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (7)

chicken pieces
onion — finely chopped
garlic — cloves, finely chopped
saffron — ground
ginger — ground
¼ teelepel (1 ml) gestampte droë rissies
water
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

As jy nou nie soos die gros van kookboeklesers is wat net lippe smak en dan die handjies weer om die boek slaan om verder te lees nie, dan het jy mos lekker vir jou ingelegde suurlemoene gemaak en wonder jy so ’n bietjie waarvoor jy dit kan gebruik. Hier’s jou kans – Noord-Afrikaanse gestoofde hoender: maklik, heerlik en ook geskik vir winkelhoenders.  Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n swaarboomkastrol en braai 1,5 kg hoenderstukke wat jy met sout en peper gegeur het alkant mooi bruin in die warm olie. Voeg nou hierby 2 groot, fyngekapte pers uie as jy het (so nie gewone wit uie); 2 fyngekapte knoffelhuisies; ½ teelepel (2,5 ml) fyn saffraan (gaan soek maar as jy nie het nie, maar dit is nodig); ½ teelepel (2,5 ml) gemaalde gemmer; en ¼ teelepel (1 ml) Gestampte droë rissies. Gooi ook ’n koppie (250 ml) water by, of hoenderaftreksel as jy het. ’n Skeutjie oorskiet-witwyn in die water sal nie kwaad doen nie, hoewel dit seker nie tradisioneel is nie. Maar ek skat ’n winkelhoender het al die hulp nodig wat hy kan kry. Laat stowe die hoender 1 tot 1¼ uur lank op ’n stadige vuur tot dit sag is. Gooi maar ’n bietjie kookwater by as dit te droog om die kiewe begin lyk. So 10 tot 15 minute voor die kooktyd om is, gooi jy die skil van ’n ingelegde suurlemoen by wat in wiggies gesny is. Ek is lankal te snoep om net die skil te gebruik, en daarom kap ek die hele wiggie op. Jy gooi ook 36 pers of groen olywe by waarvan jy dit pitte uitgehaal het. Voor jy bedien, proe jy gou of alles lekker smaak en gooi ’n hand vol fyngekapte pietersielie of koljander oor en die sap van ’n suurlemoen indien nodig. Dit smaak lekker met gekookte rys en ’n vars blareslaai.

 



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.