Method

30 - 40 minutes
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Verhit die botter of margarien in ’n kastrol oor lae hitte.
2. Roer die koekmeelblom geleidelik by tot dit glad is.
3. Voeg melk stadig by en roer deurentyd tot dit dik word.
4. Voeg die kaas, sout en peper by, haal van die stoof af en voeg geklitste eiergele geleidelik by.
5. Klits die eierwitte styf, maar nie droog nie (wanneer die klitser uitgelig word, moet die
skuimpuntjie nog ombuig). Vou ’n derde versigtig by die mengsel in. Vou dan die res in.
6. Giet die mengsel in ’n oondvaste soufflébak of individuele bakkies wat net op die boom gesmeer is en nie aan die kante nie. Plaas in ’n pan met warm water in die oond en bak 30 – 45 minute. As die soufflébak nie in ’n pan met water geplaas word nie, verlaag die oondtemperatuur tot 160 ºC (325 ºF); die baktyd is dieselfde.
Sit die soufflé dadelik voor.
WENKE
• Vir afwisseling, gebruik ander kaas, bv. cheddar-, camembert-, parmesaan-, gruyère- en sagte bokmelk- of bloukaas. Gekapte kruie van jou keuse of aangemaakte mosterd na smaak kan ook gebruik word. Gaar ham of gebraaide
spek, in stukkies gesny, of enige ander gaar koue vleis kan ook by die soufflé gevoeg word.
• Gaar groente, bv. blomkool, preie, uie of wortelblokkies, kan ook in ’n soufflé gebruik word.
VARIASIES
Mielie-en-kaas-soufflé
1. Maak dit soos die kaassoufflé, maar voeg 250 ml (1 k) vars gekookte, geblikte of bevrore mieliepitte by voordat die styfgeklitste eierwitte ingevou word.
2. Gebruik 250 ml (1 k) gerasperde kaas pleks van 375 ml (1½ k) en 5 ml (1 t) sout pleks van 2,5 ml (½ t).