Focaccia of ciabatta

8 servings Prep: 45 mins, Cooking: 2 hrs 45 mins
Rate this recipe
As jy nou al meer waaghalsig voel, probeer dan dié een.


By Food24 February 05 2010
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (8)

25 g (25 ml) vars gis
water — warm
flour — white bread
white bread flour
water
olyfolie
salt
Eetlepel (15 Ml) Vars Salie, Roosmaryn En Tiemieblare
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Min mense het ’n afkeer van sê nou maar focaccia, daai Italiaanse platbrood gegeur met vars roosmaryn, tiemie en salie uit jou tuin, of jou eie olywe, of knoffel of gebraaide soetrissies en tamaties. As jy nou al meer waaghalsig voel, probeer dan dié een. Die deeg rus agt uur lank, bring dit dus in berekening. Maak eers jou insuursel: Neem 25 g (25 ml) vars gis en los op in 100 ml warm water (bloedhitte). Roer nou hierby ¾ koppie (190 ml) witbroodmeel tot ’n beslag. Strooi hieroor 2 2/3 koppies (650 ml) witbroodmeel, maar moenie roer nie. Sit die bak op ’n beskutte plek neer totdat die insuursel deur die meel
rys – dit neem so 30 minute. Voeg nou hierby ’n koppie (250 ml) warm water, 2 eetlepels (30 ml) olyfolie en 2 teelepels (10 ml) sout en roer om te meng. As jy wil, kan jy ook ’n eetlepel (15 ml) elk gekapte vars salie, roosmaryn en
tiemieblare byvoeg. Knie die deeg op ’n gemeelde oppervlak tot mooi elasties, so vier tot vyf minute. Die deeg sal baie sag
wees en ’n bietjie taai, daarom help ’n deegskraper baie om die deeg aanvanklik te manipuleer. Dit is belangrik om eers ’n ruk lank te knie voordat jy ’n klein handjie vol meel bygooi indien die deeg te taai is. Dit is juis die sagtheid van die deeg wat die gate van dié soort brood help vorm. Vorm die deeg in ’n bal, sit in ’n bak wat jy met olie gesmeer het, maak toe en laat rys tot mooi elasties, so ’n uur lank. Knie die deeg af deur die lug liggies uit die gerysde deeg te druk, vorm ’n mooi bol, bedek weer en sit agt uur lank of oornag in die yskas. Keer die deeg die volgende dag uit op ’n gemeelde oppervlak en druk die lug sagkens uit. Sny dan in twee ewe groot stukke, vorm elk in ’n bal, sit mooi ver uitmekaar op ’n baie goed gemeelde skinkbord of werkplek, want hulle gaan weer rys. Verf die bokante met ’n bietjie olyfolie, maak liggies toe met ’n stuk plastiek en laat rys tot dubbel die grootte. Dit sal so 1¼ tot 1½ uur neem. As jy ’n bakteël in jou oond het, kan jy die oond maar op 230 °C stel, so nie, stel jy hom in elk geval tot daar en skryf op jou winkellys: een groot kleiteël. Meel jou hande goed en neem een bol deeg, wat mooi gerys het, en rek en druk dit mooi plat en rond met ’n deursnee van 30 tot 35 cm. Hier kan jy ook besluit om eerder twee langwerpige brode te maak deur die deeg in ’n reghoek te druk en die punte soos ’n brief na die middel om te vou. Dit lyk meer soos ’n ciabatta, ’n pantoffelvormige brood. Bestrooi ’n bakplaat sonder kante – of anders die agterkant van ’n bakplaat – mildelik met fyn mieliemeel en sit die ronde deegskyf hierop neer. Jy kan ook ’n skinkbord gebruik as jy wil. Doen dieselfde met die ander een, maar sit hom op sy eie plaat. Hom sit jy toegemaak in die yskas terwyl nommer een bak. Prik die deeg met ’n vurk en smeer ’n bolaag op as jy wil – olyfolie of pesto of ’n spinasie-en-fetamengsel is goed. Glip die deegskyf met ’n vinnige rukbeweging tot op die warm oondteël (nou weet jy hoekom die mieliemeel nodig was). As jy ’n Aga het, glip jy dit net tot op die boonste warmoond se vloer. Ag, nou ja … As jy nie ’n oondteël het nie, kan jy dit bloot op ’n bakplaat bak. Dis ook goed, maar ’n bakteël gee die sterk hitte van onder wat nodig is vir hierdie soort brode – ditto vir pizza. ’n Halfkoppietjie water aan die begin van die baktyd onder op die oond se vloer gegiet gee die humiditeit wat help met die rysproses en help om ’n fyn korsie te kry. Bak totdat die brood mooi verkleur het, wat so 20 tot 25 minute sal neem. Laat effens op ’n rakkie afkoel, maar ons almal weet hoe lekker ’n té warm, varsgebakte brood smaak …



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.