Créme caramel

8 servings Prep: 1 hr
Rate this recipe
Dis een van daardie geregte wat met werfeiers ses keer lekkerder smaak, maar selfs met winkeleiers wonderlik is.


By Food24 February 04 2010
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (8)

sugar
water
80 ml water
eggs
eggs
180 ml sugar
milk
vanilla — essence
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Die helfte van my ma se inspirasie kom van die intense genot wat my pa uit haar geregte put. En kyk, hy kán geniet – hy is seker die oorspronklike smulpaap. Een van sy gunstelinge – en daarom een van my ma se spesialiteite – is die Franse variasie
op gebakte vla, oftewel crème caramel. Dis een van daardie geregte wat met werfeiers ses keer lekkerder smaak, maar selfs met winkeleiers wonderlik is. En ek en Pa is nie alleen in ons lekkerkry nie, hoor wat sê Julia Child daaroor: “How lovely is the smooth and tender beauty of a caramel custard, carefully baked, unmolded, and standing high.” Die Liefde sê dit klink of sy ’n deel van ’n jong meisie se anatomie beskryf. Maar hy sê soms maar sulke goed – ’n mens moet hom gewoonlik maar met ’n knippie sout vat. Dié resep is genoeg vir ’n tweeliter-bakpan, dus genoeg vir agt tot tien mense, maar glo my, drie tot vier mense eet ’n dag of drie lekker daaraan. Hou die pan reg waarin jy die vla gaan bak. ’n Diep koekpan, waarvan die kante 10 cm diep is, werk goed, ook ’n ringpan. Ek het al selfs ’n dieperige metaalmengbak gebruik. Hou ook ’n diep bak reg wat as waterbad gaan dien om in te bak. Verhit die oond tot 180 °C. Vir die karamel benodig jy ¾ koppie (180 ml) suiker en 3 eetlepels (45 ml) water. Maak dit deur die suiker en water versigtig te verhit tot die suiker opgelos is. Sit die kastrolletjie se deksel vir ’n halfminuut op om tot kook te bring. Laat kook tot die stroop mooi karamelkleurig is. Druk die kastrolletjie se boom in koue water om te keer dat die karamel te bruin raak en brand, want dan smaak dit bitter. Werk vinnig en met vatlappe, gooi die karamelsous in die bakpan en draai dit vir ’n paar minute in die rondte sodat die karamel die bodem en die kante halfpad op bedek. Maak liggies warm as dit te gou stol. Hou eenkant. Gooi 1/3 koppie (80 ml) water in die kastrolletjie en verhit om die oorblywende karamel te smelt en as ’n karamelsousie te bedien. Vir die vla benodig jy 6 groot eiers, 5 eiergele, ¾ koppie (180 ml) suiker, 4 koppies (1 liter) melk, 2 teelepels (10 ml) of meer vanieljegeursel (probeer die ware Jakob kry) en ’n knippie sout. Meng die eiers, eiergele en suiker liggies met ’n draadklitser, maar moenie dit klop en skuim maak nie. Verhit die melk tot kookpunt en meng dit geleidelik in om die suiker heeltemal op te los, weer eens sonder om skuim te veroorsaak.
 



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.