Uie-rissie-en-gemmerkonfyt

Recipe from: 10/1/2009 12:00:00 AM

Ingredients 9
Servings 0
Time 10

Ingredients

  • 45
    ml
    olyfolie
  • 0
    4 uie, in dun skyfi es gesny
  • 0
    1 duimgroot stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
  • 0
    1 rooi brandrissie, fyngekap (verwyder die pitte, indien verkies)
  • 0
    1 lourierblaar
  • 125
    ml
    water
  • 15
    ml
    sout
  • 250
    ml
    (200 g) suiker
  • 80
    ml
    rooiwynasyn
 

Method

60
 
Maak: 200 ml
Verhit die olie in 'n kastrol en soteer die uie tot sag en deurskynend. Die hitte moet matig wees sodat die uie stadig braai en nie verkleur nie.
Gooi die gemmer en brandrissie by en roerbraai dit vir 'n minuut of wat. Gooi die lourierblaar en water by en laat dit prut totdat al die water verdamp het. Voeg die sout, suiker en rooiwynasyn by en laat die konfyt vir 30 minute prut (sonder 'n deksel), of totdat dit verdik het. Laat dit afkoel en skep dit in 'n skoon, gesteriliseerde fles. Bêre die konfyt in die yskas.
Wenk: Hierdie konfyt is die perfekte pasmaat vir sterk kase, byvoorbeeld belee cheddar of gorgonzola, maar eintlik smaak dit vorentoe saam met enige kaas. Dit is ook heerlik op 'n toebroodjie met kouevleis.
 

 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.