Tunaviskoekies met pynappel-en-avokadosalsa

Recipe from: 10/1/2003 12:00:00 AM

Ingredients 9
Servings 4
Time 10

Ingredients

  • 2
    tin
    geblikte tuna
  • 4
    murgpampoentjies
  • 100
    g
    Feta-kaas
  • 2
    aartappels
  • 1
    pynappel
  • 1
    avokado
  • 50
    ml
    sojasous
  • kojanderblare
  • roketblare
 

Method

10
 
Dreineer 2 blikke heelstuk tuna deeglik. Voeg 4 gerasperde murgpampoentjies, 100 g gekrummelde Feta-kaas en twee gerasperde aartappels by. Klits 'n eier en roer by. Geur na smaak met sout, vars gemaalde swartpeper en vars suurlemoensap en meng. Vorm die mengsel in viskoekies met meelbedekte hande. Panbraai in verhitte olie tot goudbruin aan albei kante. Salsa: Sny 'n pynappel in klein blokkies. Voeg 'n avokado, in blokkies gesny, ook by en geur dit met sout en vars gemaalde swartpeper en suurlemoensap. Roer 50 ml sojasous by asook 'n hand vol koljanderblare. As jy wil, sny ook ?n rooi soetrissie in blokkies voeg dit by. Sit die viskoekies saam met die salsa voor.
 

Read more on: fish/seafood  |  shallow-fry
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.