Tamatie-olyf-en-bokkaas-tert

Recipe from: 11/1/2003 12:00:00 AM

Ingredients 7
Servings 4
Time 10

Ingredients

  • 400
    g
    skilferkorsdeeg
  • basiliekruidpesto
  • 75
    g
    kersietamaties
  • 20
    Kalamata-olywe (ontpit)
  • bokmelkkaas of Feta-kaas
  • olyfolie
  • roket of basiliekruid
 

Method

15
 
Gebruik 400 g ontdooide skilferkorsdeeg en rol oop. Plaas op ?n bakplaat. Maak ?n ligte insnyding deur die boonste deel van die deeg 1 cm van die rand af - moenie deursny nie. Dit is om die rand te laat rys terwyl die middelste deel met die vulsel beperk is. Prik die middelste deel met ?n vurk. Voorverhit oond tot 220° C. Meng 750 g gehalveerde kersietamaties (rooi en geel as jy kan), 20 ontpitte swart Kalamata-olywe, gehalveer, en 6 songedroogde tamaties, gesny. Drup olyfolie oor en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Sprei uit op ?n bakplaat. Plaas kersietamaties in die boonste deel van die oond en die skilferkors net daaronder in dieselfde oond. Bak vir 15 minute of tot skilferkors uitgerys is. Smeer pesto oor skilferkorsdeeg en skep tamaties daarop. Sny bokmelkkaas in skyfies en rangskik bo-op, of krummel Feta-kaas oor. Sny in porsies en garneer met 'n hand vol roket of geskeurde basiliekruidblare.
 

Read more on: fruit
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.