Suurlemoensterretjies

Recipe from: 12/1/2003 12:00:00 AM

Ingredients 9
Servings 28
Time

Ingredients

  • 250
    g
    koekmeelblom
  • 60
    g
    versiersuiker
  • 12
    ml
    fyngerasperde suurlemoenskil
  • 180
    g
    koue botter, in blokkies gesny
  • 15
    ml
    vars uitgedrukte suurlemoensap
  • 5
    ml
    vanieljegeursel
  • Versiersel
  • 175
    g
    versiersuiker
  • 45
    ml
    suurlemoensap
 

Method

 
Voorverhit oond tot 180 °C.
Smeer bakplate met botter of spuit met 'n kleefwerende middel.
Sif meel en versiersuiker saam.
Voeg suurlemoenskil by en meng deur.
Maak 'n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg botter, suurlemoensap en vanieljegeursel by.
Vryf botterblokkies in droë bestanddele in en werk mengsel met vingerpunte goed deur om 'n deeg te vorm. Draai deeg in kleefplastiek toe en plaas vir minstens 30 minute in die yskas.
Rol deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik en druk sterretjies of enige ander vorm van jou keuse met 'n koekiedrukker uit.
Plaas op gesmeerde bakplate en bak vir sowat 8 minute.
Berei versiersel: Sif versiersuiker.
Voeg net genoeg suurlemoensap by om 'n smeerbare, nie te loperige versiersel te vorm.
Smeer versiersel oor afgekoelde koekies.
Indien verkies kan silwer balletjies, fyngekapte pistasieneute of suikerkristalle bo-oor gesprinkel word.
 

Read more on: bake  |  fruit
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.