Spinasie-en-preietert

Recipe from: 10/1/2005 12:00:00 AM

Ingredients 12
Servings 10
Time 15

Ingredients

  • 60
    ml
    Kors: botter, gesmelt
  • 170
    ml
    Pro-Vita-beskuitjies, gekrummel
  • 100
    ml
    cheddarkaas, gerasper
  • 125
    g
    Vulsel: swoerdlose spek, gesnipper
  • 2
    preie, in dun skyfies gesny
  • 600
    g
    vars spinasie, wit stingelgedeeltes uitgesny
  • 250
    g
    roomkaas
  • 6
    groot eiers, geklits
  • 250
    ml
    suurroom
  • 1.50
    sirkel
    fetakaas, gekrummel
  • 125
    ml
    parmesaankaas,gerasper
  • 5
    ml
    sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
 

Method

60
 
Oondtemperatuur:180 °C
1. Maak die kors: Meng die botter, koekie- krummels en cheddarkaas in 'n mengbak. Voer die boom van 'n 20 cm-veerklamppan met die mengsel uit en druk dit liggies vas. Sit dit in die yskas tot benodig.

2. Maak die vulsel: Braai die spek in hulle eie vet tot net voordat dit begin bros raak. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Braai die preie in dieselfde pan oor matige hitte tot sag. Voeg 'n bietjie botter by indien nodig. Meng die preie en spek en laat die mengsel afkoel.

3. Was die spinasie goed en dreineer dit. Sit die een helfte van die spinasie net so in 'n groot kastrol oor matige hitte en roer totdat dit begin sag word. Herhaal met die res van die spinasie. Dreineer die gaar spinasie en druk die oortollige vog met jou hande uit sodra dit afgekoel het. Kap dit fyn.

4. Klits die roomkaas, eiers en suurroom tot glad. Roer die fetakaas by. Gooi die spinasie, spek-en-preiemengsel en die helfte van die parmesaan by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Skep die mengsel in die voorbereide kors en bak tot goudbruin en gaar. Laat die tert vir 10 minute staan voordat jy dit sny. Strooi die oorblywende parmesaankaas bo-oor en sit voor.

 

Read more on: bake  |  eggs
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.