Spinasie-en-lensiesop met spek

Recipe from: 10/1/2009 12:00:00 AM

Ingredients 8
Servings 8
Time 30

Ingredients

  • 500
    g
    vars spinasie (sny eers die dik, wit ribgedeeltes uit en weeg dit dan)
  • 30
    ml
    olyfolie
  • 0
    2 uie, fyngekap
  • 0
    2 wortels, fyngekap
  • 0
    2 selderystingels, fyngekap
  • 0
    3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 250
    g
    bruin lensies
  • 100
    ml
    suurroom
 

Method

35
 

Was die spinasie en stoom dit met die druppels wat aan die blare vaskleef tot sag. Dreineer en kap dan die spinasie fyn.
Verhit die olyfolie in 'n swaarboomkastrol en soteer die uie, wortels en seldery tot sag en glansend. Gooi die knoffel by en roerbraai dit vir 'n minuut. Gooi die lensies en aftreksel by en laat dit prut totdat die lensies sag is. Haal die kastrol van die plaat af.
Gebruik 'n aartappeldrukker en druk die groente en lensies fyner. Dit sal die sop verdik. Geur die sop na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
Roer die fyngekapte spinasie by en verhit dit tot deurwarm. Roer die suurroom by.
Rooster of panbraai die bladspek tot bros en goudbruin, en krummel dit dan fyner. Skep die sop in opdienbakkies en garner dit met die spek.
 

 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.