Skons

8 servings Prep: 30 mins, Cooking: 15 mins
Rate this recipe
Maak lekker skons vir jou familie

By Food24 February 16 2010
0
SHARES
1.1k
VIEWS
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (4)

flour
butter
salt
Buttermilk
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

My ma kan skons maak in die tyd dat ons ander ’n koppie opstaankoffie geniet, en ek moet nog skons in ’n restaurant eet wat naby dit kom. Ek het al baie, baie kere by haar gestaan en haar so ver probeer kry om die bestanddele te weeg voor sy dit meng, sodat ek net ’n idee daarvan kan kry, maar helaas. Selfs dreigemente en smekinge is met ’n koue skouer begroet. Vra jy haar waar sy dit leer maak het, sê sy: “By my ma. ’n Mens leer skons maak by jou ma.” Wel, ja … Toe besluit ek, nou gaan ek ook soos sy maak – na gedagte werk. My eerste probeerslag het die gesin moedig getrotseer, maar dit was ver van my ma s’n. Die tweede probeerslag was al beter en die derde een amper daar, hoewel nog ’n paar probeerslae die eindproduk net kan help. Daar’s ’n les hier iewers. Ewenwel, ek het só gemaak vir ontbytskons vir vier mense en enkele halfmense: Gooi 2 koppies (500 ml) bruismeel in jou voedselmenger, en hierby 4 eetlepels (60 ml) botter en ½ teelepel (2 ml) sout en vryf dit in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Of gebruik jou vingers vir die invryfwerk. Gooi nou ongeveer ¾ koppie (175 ml) karringmelk by die droë bestanddele en sny dit in – ’n ou kombuisvurk is wat my ma gebruik. Meng net totdat die mengsel klam is, moenie probeer om ’n gladde deeg te kry nie. Dop die deeg uit op ’n gemeelde oppervlak en knie liggies deur die deeg met jou hande tot ’n bol te druk. Druk dit nou plat tot so 2 tot 3 cm dik. Dis nie nodig om jou rolstok hiervoor uit te haal nie. Druk nou die individuele skons met ’n skondrukker uit, of as jy dit nie het nie, ’n wynkelkie. Pak hulle teen mekaar op ’n gesmeerde bakplaatjie. Bak dit sowat 12 tot 15 minute lank in ’n baie warm oond (220 °C). Eet warm met botter en marmelade of konfyt. Moenie eens die room oorweeg nie, ’n mens verguld nie lelies nie.
 



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.