Salm-en-broccoli-quiche

Recipe from: 10/1/2009 12:00:00 AM
Ingredients 16
Servings 0
Time 30

Ingredients

  • Deeg
  • 375
    ml
    (210 g) koekmeel
  • 80
    ml
    parmesaankaas, gerasper
  • 90
    ml
    botter, in blokkies gesny
  • 1
    eier
  • 30
    ml
    water
  • Vulsel
  • 30
    ml
    botter
  • 2
    preie, gesny
  • 1
    knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 x 425 g-blik pienk salm, gedreineer
  • 200
    g
    broccoliblommetjies, geblansjeer
  • 3
    eiers, geklits
  • 250
    ml
    suurroom
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper na smaak
 

Method

30
 
Maak: 1 x 23 cm-tert.
Oondtemperatuur: 180 C.
Maak die deeg: Sif die koekmeel, roer die parmesaankaas by en vryf die botterblokkies met jou vingerpunte in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Klits die eier en water saam en gooi dit by die droë bestanddele. Sny die vloeistof in met 'n mes en bring die bestanddele bymekaar om 'n deeg te vorm. Knie die deeg tot glad, draai dit toe in kleefplastiek en sit dit vir 30 minute indie yskas. Voorverhit die oond.
Rol die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit en voer 'n losboomflanpan van 23 cm daarmee uit. Druk die deeg teen die rande vas en prik die bodem. Vries wat oor is. (Die deeg is genoeg vir twee tertdoppe; jy kan die ander helfte net so vries, of nog 'n tertdop maak en dít vries.)
Bak die tertkors blind in die verhitte oond. Verwyder die bakpapier en boontjies en bak dit vir nog 5 minute voordat jy dit eenkant laat afkoel.
Maak die vulsel: Verhit die botter en soteer die preie tot sag. Gooi die knoffel by en roerbraai dit vir 'n minuut voordat jy dit eenkant laat afkoel.
Skep die preie, salm en broccoli in die tertdop. Klits die eiers, suurroom engeurmiddels saam en gooi dit bo-oor die bestanddele in die tertkors. Bak die tert vir sowat 45 minute of totdat dit goudbruin is en gestol het.
Wynvoorstel: 'n Droe witwyn met genoeg geurigheid sal die salm komplementeer.
 

Read more on: fish/seafood
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.