Ryk vrugtekoek

Recipe from: 2009
fruitcake

Ingredients 20
Servings 12
Time 1 day and 30 minutes

Ingredients

  • VRUGTEMENGSEL
  • 250
    g
    dadels, fyngesny
  • 100
    g
    sagte, heel droëappelkose, in kwarte gesny of
  • 100
    g
    verglansde pynappel, in blokkies gesny
  • 250
    g
    vrugtekoekmengsel of
  • 100
    g
    rosyne, 100 g sultanas en 50 g korente
  • 100
    g
    versuikerde gemengde skil, fyngesny
  • 175
    g
    gemmer in stroop, gedreineer en fyngesny
  • 500
    g
    groenvyekonfyt, gedreineer en grofgesny
  • 500
    g
    rooi glanskersies
  • 125
    ml
    (½ k) brandewyn
  • BESLAG
  • 250
    g
    (1 k) botter, sag maar nie gesmelt nie
  • 375
    ml
    (1½ k) strooisuiker
  • 4 groot eiers, by kamertemperatuur
  • 5
    ml
    (1 t) vanieljegeursel
  • 500
    ml
    (2 k) meelblom
  • 2.5
    ml
    (½ t) sout
  • 500
    g pekanneute, grof opgebreek
  • 125 – 250 ml (½ – 1 k) brandewyn
 

Method

2.5 hours
 
1. VRUGTEMENGSEL: Meng al die vrugte in ’n groot bak en gooi die 125 ml (½ k) brandewyn daaroor. Bedek met kleefplastiek en laat minstens een dag week.
2. Voer die boom en kante van ’n groot, diep koekpan (28 cm in deursnee) met vier lae bakpapier uit (sien wenke). Voorverhit die oond tot 150 °C (300 °F).
3. Beslag: Room die botter in ’n groot mengbak en voeg die suiker geleidelik daarby. Klits tot lig en donsig.
4. Klits eiers een vir een in en voeg vanieljegeursel by. As dit lyk of die mengsel wil skif, klits ’n lepel van die meelblom by.
5. Sif meelblom en sout saam, voeg by die bottermengsel en klits tot glad.
6. Vou bereide vrugtemengsel en neute in die beslag tot dit egalig versprei is.
7. Skep in die pan en maak bo-op gelyk. Steek ’n dubbele laag bakpapier bo-oor aan twee kante van die papierrande vas. Sorg dat stoom sal kan ontsnap. Bak 2½ uur. Verminder die temperatuur ná 2 uur tot 100 °C (200 °F).
8. Haal uit die oond en laat 5 minute in die pan staan. Skep die helfte van die brandewyn goed versprei oor die koek.
9. Gly ’n skerp mes tussen die koek en bakpapier om die rand en trek die papier versigtig uit. Keer koek uit en sprinkel die orige brandewyn oor die boom. Keer koek met behulp van ’n tweede afkoelrak weer regop. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer. Die koek hou 6 maande lank goed.

WENKE
• Twee kleiner panne kan gebruik word. Verminder die baktyd tot 2 uur. Verminder die temperatuur ná 1½ uur.
• Voer van pan: Trek ’n sirkel op die boonste van vier lae bakpapier, steek met ’n kopspeld aanmekaar en knip  ongeveer 5 cm groter as die omtrek van die pan uit. Maak inkepe met ’n skerp skêr tot teen die sirkel en vou die rande só om dat dit op die boom van die pan pas. Knip lang stroke, vier lae dik, om die geknipte rande van die ronde papier teen die pan se rand vas te druk. Dit moet bo die pan se rand uitsteek. Steek in posisie met kopspelde vas. Knip ook twee lae vir ’n papierdeksel om vas te speld.

 
 

Read more on: bake  |  fruit
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.