Rooilensiekerrie

4 servings Prep: 30 mins
Rate this recipe
Dis so maklik om te maak en baie, baie voedsaam.


By Food24 February 16 2010
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (9)

butter
groen skerprissie sonder pitte
cumin — ground
coriander — ground
lentils
tea — boiling
turmeric — ground
salt and freshly ground black pepper
coconut milk
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Ek dink ons eet heeltemal te min lensies en boontjies, veral lensies. Dis so maklik om te maak en baie, baie voedsaam. ’n Lekker lensiekerrie op rys – bruin of wit – is huiskos by uitnemendheid. Dis ook die ideale gereg vir jou hooikis of prutpot, en as jy elders werk, is daar niks so lekker soos om te weet dat die aandkos al klaar is nie. Hierdie lensiekerrie is vir spoedvrate, en jy kan amper jou huismense tafel toe roep wanneer jy daarmee begin. Die resep is genoeg vir vier. Braai ’n gekapte ui in 50 g (3 eetlepels) botter in ’n middelslag-kastrol tot goudbruin. Voeg nou twee fyngedrukte knoffelhuisies by en ook ’n fyngekapte groen skerprissie sonder pitte (as jy nie lus het vir ’n byt nie, gebruik dan ’n groen soetrissie pleks daarvan). Dan gooi jy 2 teelepels (10 ml) gemaalde komyn en 2 teelepels (10 ml) gemaalde koljander by. Kook en roer twee tot drie minute. Spoel intussen ’n koppie (½ pakkie) rooilensies af en dreineer dit. Sit dit in die kastrol saam met 2 koppies (500 ml) kokende aftreksel (hoe beter, hoe lekkerder sal jou lensies smaak) en ½ teelepel (2 ml) borrie en prut tien minute stadig met die deksel op. Roer so dan en wan. Nou kom daar nog twee tamaties by, geskil en gekap. Prut nog vyf minute. Geur met sout en peper na smaak en ½ koppie (125 ml) klappermelk. As jy dié nie het nie, sal ’n lepel vol room ook doen. Dis heerlik saam met basmatirys – bruin of wit.
 



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.