Roereier in salm toegedraai

Recipe from: 10/1/2005 12:00:00 AM

Ingredients 9
Servings 4
Time 25

Ingredients

  • 500
    g
    gerookte salm
  • 8
    eiers
  • 15
    ml
    vars grasuie, fyn gekap
  • 5
    ml
    sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 30
    ml
    botter, in blokkies gesny
  • 2
    Engelse muffins, in die helfte deurgesny
  • 100
    g
    roketblare
  • 15
    ml
    olyfolie
  • 5
    ml
    rooiwynasyn
 

Method

15
 
1. Smeer vier ramekinbakkies (van 175 ml elk) met botter en voer dit met gerookte salm uit. Laat die salm effens oor die rande hang.

2. Klits die eiers in 'n mengbak en gooi die grasuie by. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper.

3. Verhit 'n derde van die botter in 'n pan oor lae hitte. Gooi die eiers in en roer dit met 'n houtlepel. Skraap die pan heeltyd met die houtlepel. Gooi die res van die botterblokkies by en hou aan roer totdat die eiers romerig is, maar steeds loperig. Haal die pan van die plaat af (die pan se hitte sal die gaarmaakproses voortsit). Roer dit vir nog 'n paar sekondes.

4. Skep die roereier in die ramekinbakkies en vou die salm wat oor die rande hang, terug oor die eier.

5. Rooster die muffins en smeer dit met botter, indien verkies. Sit 'n muffin bo-op elke ramekin en keer dit op 'n opdienbord om. Garneer met vars grasuie of kaviaar.

6. Meng die olyfolie en rooiwynasyn en gooi dit oor die roketblare. Meng goed en sit dit saam met die salmeier voor.

 

Read more on: eggs  |  shallow-fry
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.