Ravioli

Recipe from: 4/1/2007 12:00:00 AM

Ingredients 5
Servings 6
Time 30

Ingredients

  • 500
    ml
    tamatiesous
  • 250
    g
    pasta
  • 500
    g
    ricotta-en-spinasie vulsel
  • 100
    g
    gerasperde parmesaan- of pecorino-kaas, of jy kan parmesaan-skaafsels maak
  • 1
    hand vol
    vars basiliekruid
 

Method

30
 
Rol die pastadeeg in lang stroke uit. Skep die ricotta-vulsel met 'n teelepel ver uitmekaar op die pastastroke. Smeer 'n bietjie water met 'n kwassie om die rande en plaas nog 'n pastastrook bo-op.

Druk die pasta-vel goed vas en maak seker dat daar nie lugblasies is nie. (As lugblasies vorm, sal die pasta-sakkies oopkook.) Druk uit met 'n koekie- of ravioli-drukker. Strooi meel op 'n bakplaat en plaas die ravioli bo-op.

Bring water tot kookpunt in 'n groot kastrol. Dompel die ravioli versigtig in die kookwater, en wanneer hulle na bo kom, haal dit versigtig uit en hou in 'n bak op 'n warm plek.

Skep die tamatiesous oor en sit voor met gebreekte, vars basiliekruid en parmesaan-kaas.

 

Read more on: starch
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.