Prei-en-olyf-tert

Recipe from: 3/1/2007 12:00:00 AM

Ingredients 14
Servings 6
Time 30

Ingredients

  • 1
    Kors: vel blaardeeg
  • 50
    g
    botter, gesmelt
  • 75
    g
    gerasperde parmesaankaas
  • 40
    g
    Vulsel botter
  • 4
    preie, in skywe gesny
  • 4
    huisies knoffel, fyngekap
  • 15
    ml
    strooisuiker
  • 15
    ml
    balsemieke asyn
  • 30
    ml
    water
  • 5
    ml
    sout en vars gemaalde swartpeper
  • 100
    g
    swartolywe, ontpit
  • 100
    g
    groenolywe, ontpit
  • 4
    vars takkies tiemie
  • 1
    eier, geklits
 

Method

35
 
Rol die blaardeeg nog dunner uit. Verf van die botter met 'n kwassie oor die deeg. Sprinkel die gerasperde kaas oor. Vou die deeg toe en rol weer uit. Herhaal die proses. Bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 30 minute.

Smelt die botter in 'n pan. Braai die preie en knoffel saam tot effens bruin. Voeg die strooisuiker by en braai tot dit begin karamelliseer. Voeg die asyn en water by en laat kook vir 8 minute. Geur met sout en swartpeper. Laat die mengsel afkoel en voeg die olywe by. Rol die deeg uit in 'n sirkel en plaas op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

Skep die prei-vulsel in die middel van die deeg en hou 'n rand van 3 cm oop. Sit die takkies vars tiemie bo-op. Vou die deeg oor om 'n rand te vorm. Smeer die rand van die deeg met die geklitste eier. Bak vir 25-35 minute teen 190°C. Haal uit die oond en laat rus vir 5-10 minute voor jy dit op 'n bord uitkeer.

 

Read more on: bake  |  fruit
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.