Pizza met vye, gorgonzola, okkerneute en roket

Recipe from: 10/1/2009 12:00:00 AM

Ingredients 16
Servings 4
Time 20

Ingredients

  • Pizzakors
  • 25
    g
    vars gis of 10 g kitsgis
  • 250
    ml
    louwarm water
  • 30
    ml
    heuning
  • 890
    ml
    (500 g) koekmeel
  • 5
    ml
    sout
  • 45
    ml
    olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Bolaag
  • 100
    g
    mozzarellakaas, gerasper
  • 10
    vars vye, in skyfi es gesny
  • 1\2
    pakkie (50 g) okkerneute, gekap
  • 250
    g
    gorgonzolakaas, gekrummel
  • 5
    ml
    vars roosmaryn, gekap
  • 30
    g
    roketblare
  • olyfolie
 

Method

15
 
Oondtemperatuur: 230C.
Gebruik gekoopte pizzabasisse as jy nie kans sien om jou eie te maak nie.
Maak die pizzakors: Krummel die vars gis in die louwarm water en roer die heuning by. Gooi die helfte van die koekmeel by en roer dit om 'n loperige pasta te vorm. Bedek die deegmengsel met 'n skoon vadoek en laat dit vir sowat 15 minute op 'n warm plek staan. (As jy kitsgis gebruik, kan jy die heuning by die water gooi en die kitsgis by die meel. Meng dan alles asof jy 'n gewone brood bak.)
Gebruik jou hande om die orige meel en die sout by te meng om 'n gladde, hanteerbare deeg te vorm. Knie tot sag en elasties. Gooi nog meel by, indien nodig. Sit die deeg in 'n meelbestrooide mengbak en bedek dit met gesmeerde kleefplastiek. Sit die bak op 'n warm plek neer en laat dit rys totdat dit in volume verdubbel het.
Voorverhit die oond. Knie die deeg af en verdeel dit in vier gelyke dele. Rol elke stuk deeg in 'n bol op 'n meelbestrooide oppervlak en druk dan die bol plat met jou handpalm sodat dit 'n sirkel vorm. Gebruik jou vingers en rek die deegsirkel in 'n dunner sirkel. Verf dit met olyfolie en pak dit op gesmeerde bak of pizzaplate. Geur dit met varsgemaalde swartpeper en sprinkel die gerasperde mozzarellakaas bo-oor, gevolg deur die skyfi es vye en okkerneute. Sprinkel laastens die gorgonzola en roosmaryn oor en bak dit vir omtrent 10 tot 15 minute. Sit 'n hand vol roketblare bo-op elke pizza en drup olyfolie oor. Sit voor.
Wynvoorstel: 'n Blosende rose sal al hierdie uiteenlopende geure komplementeer.
 

Read more on: starch
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.