Panforte

Recipe from: 12/1/2003 12:00:00 AM

Ingredients 16
Servings 20
Time

Ingredients

  • 200
    g
    heel amandels
  • 200
    g
    okker- of pekanneute, grof gekap
  • 300
    g
    gemengde geglasuurde vrugte, gekap
  • 100
    g
    Smyrna vye, gekap
  • 60
    g
    kakao, gesif
  • 5
    ml
    kaneel
  • 2.50
    ml
    neutmuskaat
  • 1
    ml
    gemaalde koljander
  • 1
    ml
    fyn naeltjies
  • 1
    ml
    witpeper
  • 50
    g
    koekmeelblom
  • 60
    ml
    heuning
  • 150
    g
    suiker
  • 50
    ml
    water
  • sagte botter
  • ryspapier or bakpapier
 

Method

 
Voorverhit oond tot 160 °C.
Smeer 'n losboomkoekpan (22 cm) met sagte botter en voer bodem met ryspapier (wat eetbaar is) of bakpapier uit.
Versprei amandels op 'n skoon droë bakplaat en rooster tot reëlmatig verkleur.
Dit sal sowat 15 minute neem.
Skud die pannetjie af en toe.
Laat afkoel en kap grof.
Plaas neute, droëvrugte, kakao, speserye en koekmeelblom in 'n mengbak en meng.
Verhit heuning, suiker en water in 'n klein kastrolletjie oor matige hitte.
Roer aanhoudend om suiker te laat smelt en was suikerkristalle langs die kant van die kastrol af met 'n nat deegkwas.
Bring tot kookpunt sodra suiker opgelos is en laat vir 5 minute prut.
Voeg by droë bestanddele en meng deeglik met jou hande tot 'n stewige deeg.
Druk deeg in koekpan en maak bo-op gelyk met handpalms.
Bak vir 50-60 minute in voorverhitte oond.
Laat afkoel en sif versiersuiker bo-oor koek.
Dit kan ook met gesmelte sjokolade versier word.

Die koek kan tot 'n maand in 'n koekblik gebêre word en is 'n aantreklike alternatiewe keuse vir 'n tradisionele Kerskoek. Dit word in dun skywe gesny en saam met geurige swart koffie voorgesit.

 

 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.