Oondgeroosterde kerriehoender

Recipe from: 10/1/2005 12:00:00 AM

Ingredients 11
Servings 6
Time 20

Ingredients

  • 1.50
    kg
    heel hoender, vel verwyder (sodat die speserye die vleis kan geur en nie bo-op die vel bly sit nie)
  • 60
    ml
    vars suurlemoensap
  • 1
    duimgrootte stuk vars gemmer, gerasper
  • 3
    knoffelhuisies, fyn gekap
  • 2
    rooi brandrissies, gekap (verwyder die pitte as jy 'n matiger rissiegeur verkies)
  • 5
    ml
    sout
  • 30
    ml
    olyfolie
  • 15
    ml
    kerriepoeier
  • 5
    ml
    fyn komyn
  • 5
    ml
    fyn koljander
  • 5
    ml
    vars gemaalde swartpeper na smaak
 

Method

90
 
Oondtemperatuur:200 °C
1. Gebruik 'n skerp mes en maak twee diagonale snytjies in elke borsie en een in elke dytjie en boudjie.

2. Sit die hoender borskant na bo in 'n oondroosterpan wat met 'n groot stuk foelie uitgevoer is (groot genoeg om die hoender toe te draai).

3. Gooi die suurlemoensap, gemmer, knoffel, brandrissies, sout, olyfolie, kerriepoeier, komyn en koljander in 'n voedselverwerker of maal dit met 'n stamper en vysel tot 'n smeer. Vryf die hoender oraloor met die smeer en maak seker jy vryf dit ook in die insnydings. Laat die hoender vir sowat 'n halfuur staan sodat die geure kan ontwikkel.

4. Geur die hoender met vars gemaalde swartpeper. Vou die foelie oor die hoender om 'n pakkie te vorm. Sit dit vir omtrent 'n uur in die oond.

5. Vou die foelie oop en bedruip die hoender met die pansappe. Sit dit vir nog 'n halfuur in die oond voordat jy dit voorsit.

 

Read more on: poultry  |  roast
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.