Ontbeende skaapnek met knoffel en kruie

8 servings Prep: 30 mins, Cooking: 2 hrs
Rate this recipe
Die gaarmaak is meer moeite as gewoonlik, maar jou moeite word dubbel en dwars beloon.


By Food24 February 03 2010
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (6)

fresh parsley
fresh thyme — or rosemary, chopped
sprouts
garlic — cloves, finely chopped
salt and freshly ground black pepper
lamb — neck
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Dis nou vir jou ’n spesiale gereg – ’n heel skaapnek wat jy ontbeen, vul met ’n lekker vulsel, toerol en potbraai. Nek is baie geurig en van die goedkoper snitte omdat dit ’n hoë persentasie vet en sening bevat. Dis ’n snit wat uitstekend is vir ’n lang, stadige gaarmaak – goed vir jou hooikis. Die gaarmaak is meer moeite as gewoonlik, maar jou moeite word dubbel en dwars beloon. Neem ’n hele skaapnek en ontbeen dit. Hiervoor gebruik jy ’n lekker skerp messie en maak ’n snit al met die nekwerwels langs aan die kant waar die benige punte uitsteek – die rugkant van die skaap. Sny nou versigtig al die vleis rondom die nekwerwels los, sodat jy ’n plat, min of meer reghoekige stuk vleis het. (Hou die been wat jy uitgesny het vir ’n lekker aftreksel of sop vir Saterdag.) Die vleis sal redelik opgekerf aan die binnekant lyk. Smeer dit aan die binnekant met ’n bietjie olyfolie en sout en gemaalde swartpeper. Maak ’n mengsel van 8 eetlepels (½ koppie) gekapte pietersielie, ’n teelepel (5 ml) gekapte vars tiemie of roosmaryn, 2 eetlepels (30 ml) gekapte sprietui, 2 fyngemaakte knoffelhuisies, ¼ teelepel (1 ml) fyn gemmer en sout en peper na smaak. Smeer dit op die vleis, oral in die snytjies en gaatjies. Rol die vleis op in ’n silindriese vorm en bind dit vas met tou sodat die rol gedurende die baktyd sy vorm behou. Jy bak dit ’n goeie uur en ’n half tot twee uur lank tot dit deursag is. Dit hang maar in ’n mate af van hoe groot jou stuk vleis is.
 



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.