Meringue-kors (vir ’n pawlowa)

Recipe from: 2009
pavlova

Ingredients 6
Servings 8
Time 25 minutes

Ingredients

  • 3 eierwitte
  • 30
    ml
    (2 e) kookwater
  • ’n knippie sout
  • 1
    ml
    (¼ t) kremetart
  • 250
    ml
    (1 k) strooisuiker
  • 5
    ml
    (1 t) vanieljegeursel
 

Method

50 - 60 minutes
 
1. Voorverhit die oond tot 120 ºC (250 ºF).
2. Trek ’n sirkel op aluminiumfoelie so groot soos wat die tert moet wees, dit wil sê sowat 220 mm in deursnee.
3. Klits eierwitte, kookwater, sout en kremetart styf. Gebruik ’n draadklitser wat lang hale klits, of wissel dit af met ’n elektriese klitser om die eierwit vinnig styf te klits en baie lug in te klits.
4. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits goed ná elke byvoeging. As al die strooisuiker ingeklits is, voeg die geursel drupsgewys by. Vou die mielieblom in.
5. Smeer ’n laag van die skuim 1 cm dik op die aluminiumsirkel om die bodem van die tertkors te vorm.
6. Druk met ’n groot roosversierbuis ’n dik rand van die skuim al op die buitelyn van die sirkel.
7. Bak 50 – 60 minute lank.
8. Haal die dop versigtig van die foelie af, vul met geklitste room en versier met bessies of ’n verskeidenheid vars vrugte. Sit voor as nagereg.
 
 

Read more on: bake  |  dairy
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.