Marmerkoek

Sarie
12 servings Prep: 40 mins, Cooking: 40 mins
Rate this recipe
Starch

By Food24 November 03 2009
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (12)

250.00 ml butter
500.00 ml sugar
4.00 eggs
550.00 g cake flour
30.00 ml baking paper
5.00 ml sout
375.00 ml milk
10.00 ml vanilla — esesence
10.00 ml Food colouring — pink
250.00 g butter
500.00 g icing sugar — sifted
30.00 ml milk
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Room die botter en suiker. Klits die
eiers tot lig van kleur en voeg by die
bottermengsel. Sif die droë bestanddele
saam en voeg om die beurt met die
melk by die mengsel. Voeg nou die
vanieljegeursel by. Deel die beslag in
twee. Voeg ‘n mespunt pienk kleursel by
die een deel van die beslag en roer deur.
Skep die helfte van die ongekleurde
beslag in 2 koekpanne (omtrek 23 cm).
Gooi die pienk beslag bo-op die wit
beslag (laat dit kronkels maak) en bedek
met die oorblywende wit beslag. Bak in
‘n warm oond teen 180°C vir 30 tot 40
minute totdat ‘n toetspen skoon uitkom.

Botterversiersel
Gebruik botter en nie margarien
nie ? dit maak ‘n gróót verskil.
Laat die botter sag word by
kamertemperatuur. Ek gebruik ‘n
elektriese menger om die versiersel
te maak. Room die botter tot glad en
voeg die gesifte versiersuiker bietjie
vir bietjie by. Meng goed en voeg die
melk by om dit gladder te kry. Smeer
van die versiersel op een van die koeke.
Plaas die ander koek bo-op en smeer
van die versiersel om die koek. Skep
die res bo-op die koek en gebruik ‘n
vurk om patrone te maak.

Sjokolade-band
Meet die omtrek en hoogte van die
koek. Sny ‘n transparant (asetaat by
kuns- of papierwinkels) die regte
grootte. Smelt 300 g wit sjokolade.
Kook water in ‘n kastrol en haal af van
die hitte. Sit die sjokolade in ‘n glasbak
en plaas dit oor die kastrol om te
smelt. Roer elke nou en dan. Maak ‘n
klein spuitsak van papier. Skep ‘n klein
bietjie sjokolade in ‘n ander bakkie
en kleur dit pienk met poeierkleursel.
Skep die pienk sjokolade in die papierspuitsak
en knip die punt oop. Spuit
nou enige patroon op die asetaat. Laat
die sjokolade heeltemal droog word.
Smeer dan die res van die wit sjokolade
oor die pienk sjokolade. Moenie dat
die wit sjokolade heeltemal hard word
nie, anders sal jy nie dit nie rondom
die koek kan sit nie. Hou mooi dop:
wanneer dit effens verhard, plaas jy
die band om die koek. Los die band
om die koek tot dit heeltemal hard is.
Verwyder die asetaat versigtig.

Goeie idee
Versier die koek bo-op met vars rose.

Slim wenk
Jy kan ook ‘n sjokolade-en-pienkmarmerkoek
maak. Volg die resep presies soos hierbo, maar voeg 45 ml
gesifte kakao by die wit mengsel.



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.