Lamsrak met 'n olyf-en-roosmarynkors

Recipe from: 10/1/2009 12:00:00 AM

Ingredients 11
Servings 6
Time 10

Ingredients

  • 0
    2 lamsrakke, beentjies skoongeskraap
  • 0
    sout en varsgemaalde
  • 0
    swartpeper na smaak
  • 30
    ml
    vars roosmaryn, fyngekap
  • 0
    16-20 olywe (na gelang van die grootte), ontpit en fyngekap
  • 0
    2 knoffelbolle (skei die knoffelhuisies)
  • 0
    olyfolie
  • 0
    1 ui, gekap
  • 0
    2 x 410 g-blikke botterbone, afgespoel en gedreineer
  • 0
    1 pakkie sondroogtamaties in vinaigrette, gedreineer
  • 0
    roketblare
 

Method

25
 
Oondtemperatuur: 200C. Voorverhit die oond. Geur die lamsrakke na smaak. Meng die roosmaryn en olywe en druk dit versigtig bo-op die lamsrakke vas. Sit dit in 'n oondroosterpan en sprinkel die knoffelhuisies rondom. Drup olyfolie oor en oondrooster dit vir 25 minute (mediumgaar) of langer na smaak.
Haal die lamsrakke uit die pan en laat dit vir sowat 10 minute in die louoond rus voordat jy dit sny.
Skep die knoffel uit en hou dit eenkant. Gooi die vet uit die oondroosterpan, maar hou net genoeg oor om die ui te soteer. Sit die pan op 'n stoofplaat en soteer die ui totdat dit sag en glansend is. Druk die knoffel uit die huisies (dit sal so sag soos tandepasta wees) en gooi dit by die ui. Gooi ook die botterbone, tamaties en omtrent 80 ml water by. Verhit tot alles deurwarm is. Proe en geur, indien nodig.
Sit dit voor: Sny die lamsrakke in porsies. Pak die roketblare op die borde, skep 'n porsie botterboneen-tamaties bo-op en dan die lamsrakke. Sit voor.
 

Read more on: lamb
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.