Lamskenkels

Recipe from: 6/1/2008 12:00:00 AM

Ingredients 14
Servings 6
Time

Ingredients

  • 4
    lamskenkels van sowat 600 g elk
  • 100
    g
    meel
  • 100
    ml
    olyfolie
  • 1
    blik gekapte tamaties
  • 1
    rooi soetrissie, in groot stukke gesny
  • 2
    wortels, in groot stukke gesny
  • 2
    takke seldery, in groot stukke gesny
  • 1
    ui, in kwarte gesny
  • 3
    knoffelhuisies
  • 500
    ml
    rooiwyn
  • 2
    lourierblare
  • 3
    vars takkies origanum
  • 500
    ml
    groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
 

Method

240
 
p>Verhit jou oond tot 160 grade C. Plaas tamaties, soetrissie, wortels, seldery, ui en knoffel in jou voedselverwerker en kap baie fyn. (As jy nie 'n voedselverwerker het nie, sal jy al die groente self moet fynkap.)

Rol die lamskenkels in die meel en skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in 'n groot kastrol en braai die skenkels tot mooi bruin. Voeg die fyngekapte groente, rooiwyn, lourierblare, origanum en aftreksel by die skenkels.

Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en maak toe met 'n deksel. Kook vir minstens 3 tot 4 ure tot die vleis feitlik van die been af val. Jy kan ook die deksel van die kastrol afhaal vir die laaste uur as die sous te veel is.

 

Read more on: slow cook  |  lamb  |  pressure cook
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.