Gebraaide mielie-en-aartappelkoekies met sambal

Recipe from: 10/1/2005 12:00:00 AM

Ingredients 13
Servings 8
Time 20

Ingredients

  • 3
    Sambal: tamaties, geskil, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 120
    ml
    soet rissiesous
  • 60
    ml
    sojasous
  • 4
    Koekies: vars mielies
  • 2
    rou aartappels, grof gerasper
  • 160
    ml
    koekmeel
  • 2
    bossies
    sprietuie, gekap
  • 1
    hand vol
    vars koljanderblare, gekap
  • 1
    duimgrootte stuk
    vars gemmer, geskil en gerasper
  • 2
    knoffelhuisies, gekneus
  • 3
    rooi brandrissies, gekap (verwyder die pitte as jy nie van 'n sterk brandsmaak hou nie)
  • 10
    ml
    suiker
  • 60
    ml
    olie vir braai
 

Method

38
 
1. Maak die sambal:Meng al die sambal- bestandele saam en laat dit eenkant staan totdat jy dit nodig kry.

2. Maak die mielie-en-aartappelkoekies: Kook die mielies vir sowat 8 minute in vinnig kokende water en dreineer dit dan. Laat dit effens afkoel totdat dit hanteerbaar is. Hou die mielies vertikaal op 'n snyplank en sny die pitte af.

3. Meng die mieliepitte, gerasperde aartappel, koekmeel,sprietuie, koljanderblare, gemmer, knoffel, brandrissies en suiker tot 'n dik, growwe beslag.

4. Verhit olie in 'n braaipan en skep lepels vol van die beslag in en braai dit tot goudbruin en gaar aan al twee kante. Sit die koekies warm voor saam met die sambal.

 

Read more on: grill
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.