Emile se Hoender in Bier

Recipe from: 6/1/2005 12:00:00 AM

Ingredients 15
Servings 4
Time 30

Ingredients

  • 1
    heel hoender, in stukke gesny
  • meel om hoender in te rol
  • 15
    ml
    olyfolie
  • 60
    g
    botter
  • halwe koppie jenewer (gin)
  • 250
    g
    repies spek, in blokkies gesny
  • 2
    blikkies bier (Castle, Windhoek, Amstel)
  • 2
    lourierblare
  • 30
    ml
    tamatiepasta
  • 2
    takkies vars tiemie
  • 20
    20 klein uitjies (rooi variëteit)
  • 250
    g
    klein wit sampioene
  • 30
    g
    meelblom om sous te verdik
  • sout en peper te smaak
  • hand vol fyngekapte pietersielie
 

Method

150
 
Rol die hoender in die meel en braai die stukke in die olie en botter tot bruin. Gooi die jenewer in die pan en laat dit warm word. Steek aan die brand en skud die pan tot die vlamme bedaar of die brandweer opdaag. Haal die hoender uit. Braai die spek in die pan tot bruin en plaas dit dan in die oondbak saam met die hoender. Voeg bier by, asook die lourierblare, tamatiepasta en tiemie. Bedek die pot en laat alles vir 30 minute prut. Plaas dan die pot vir 2 uur in die oond teen 180 °C. Hou dop ? as dit uitdroog, voeg nog bier by. Haal dan uit en voeg uitjies en sampioene by. Kook verder in oond of op die oondplaat tot uie sag is. Indien nodig, verdik sous met meelblom. Gooi pietersielie oor en sit voor met rys en hompe kraakvars brood.
 

Read more on: poultry  |  deep-fry
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.