Die stop van pluimvee

Rate this recipe
Leer hou om dit reg te doen.

By Food24 January 19 2010
Recipe Disclaimer
Tap for method
Tap for method

Ingredients (1)

chicken — whole
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

1. Skep van die vulsel in die nekholte,
vou die nekvel daaroor terug en steek dit met
’n pen op die rug vas. As dit ’n droë vulsel is wat sal uitsit, laat genoeg ruimte
daarvoor sodat die vel nie bars wanneer die voël gaargemaak word nie.
2. Vul die lyfholte met die orige vulsel en werk met ’n krom naald en gare of dun tou
toe, of steek die vel met ’n pen vas, of bind die dun boudjie-ente saam.
Die opbind van ’n hoender of kalkoen

Skets 1

1. Druk die boudjies styf teen die lyf vas en steek ’n staalvleispen net onderkant die middelste gewrig van die een been in sodat dit net onderkant die middelste gewrig van die ander been uitkom.
2. Kruis die onderste litte van die boudjies en hou hulle in posisie met ’n tweede staalvleispen. Bind hulle dan met ’n lang dun tou aan mekaar en aan die stert vas.
3. Druk die vlerke teen die lyf en hou hulle in posisie deur ’n derde staalvleispen van vlerk tot vlerk dwarsdeur die lyf te steek.
4. Trek die nekvel agtertoe oor die rug, druk dit onder die vlerke in en steek dit met ’n kort houtpennetjie of peuselstokkie vas.

Skets 2

5. Laat die voël nou op sy bors lê. Kruis die toue wat aan die stert vas is en draai dit om albei punte van die middelste vleispen vas.

Skets 3

6. Kruis dit dan weer en draai aan albei punte van die boonste vleispen vas. Knoop die tou en sny die punte af.
7. Trek die vleispenne uit nadat die voël gaargemaak is – die tou sal vanself afval.
Sny dit dan by die boudjies los en verwyder.
8. As die voël nie gestop is nie, kan die boudjies in posisie gehou word deur die
punte van die bene in ’n sny in die lyf, naby die stert, te steek.

Die voorsny van ’n gebraaide hoender of kalkoen

1. Laat die voël op sy rug lê, met die bene aan die regterkant van die vleisbord.
2. Steek die vleisvurk oor die borsbeen in en hou dit styf vas met die linkerhand.
3. Sny die boudjie met die regterhand naby die lyf af deur deur die vel tussen die boudjie en lyf te sny. Sny dan die vlerk op dieselfde wyse aan dieselfde kant af.
4. Sny insgelyks die been en vlerk aan die ander kant af.
5. Sny die boudjies by die dybeen af en sny die vlerke by die litte deur.
6. Hou die vurk in posisie en sny die borsvleis met een slag in dun dwarsskyfies.

WENK


• Sny eers net die een kant van ’n kalkoen op, tensy die hele kalkoen dadelik gebruik gaan word.

 



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.