Brownies

Recipe from: 1/1/2002 12:00:00 AM
Ingredients 12
Servings 12
Time

Ingredients

  • 100
    ml
    botter
  • 100
    g
    Nestlé Donker Sjokolade, in blokkies gebreek
  • 375
    ml
    suiker
  • knippie sout
  • 5
    ml
    vanieljegeursel
  • 3
    ekstra groot eiers
  • 250
    ml
    koekmeelblom
  • 30
    ml
    kakao
  • 100
    g
    okkerneute
  • VERSIERSEL
  • 100
    ml
    Nestlé Dessert Cream
  • 100
    g
    Nestlé Donker Sjokolade, in blokkies gebreek
 

Method

35 min
 

Voorverhit oond tot 180 ºC.
Smeer 'n vierkantige koekpan of vuurvaste bak (20x20 cm) en voer die bodem met bakpapier uit.
Plaas botter en sjokolade in 'n klein kastrolletjie en roer oor lae hitte totdat botter en sjokolade gesmelt is.
Roer suiker en sout by gesmelte botter en sjokolade tot goed gemeng. Voeg vanieljegeursel by.
Voeg eiers een-een by en roer deeglik na elke byvoeging om te verseker dat elke eier deeglik ingeroer is voordat die volgende een bygevoeg word.
Verwyder van plaat en klits sjokolademengsel met 'n handklitser vir een minuut tot glad en romerig.
Sif koekmeelblom en kakao saam in 'n groot mengbak.
Kap okkerneute grof en voeg by.
Voeg sjokolademengsel by droë bestanddele en vou in met 'n groot metaallepel.
Giet in voorbereide koekpan en bak vir 30-35 minute. Verwyder uit oond en laat staan vir 15 minute om af te koel.

Berei versiersel:
Plaas room in 'n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt.
Verlaag hitte en laat met 'n derde indamp.
Verwyder van hitte en roer sjokolade by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar.
Maak koek langs kante los en keer versigtig uit.
Smeer versiersel oor en sny in blokkies.

 

Read more on: bake  |  dairy
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.