Bobotie

Recipe from: 2009
bobotie

Ingredients 28
Servings 8
Time 20 minutes

Ingredients

  • 2 uie, fyngekap
  • 1 groot knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 groen soetrissie, fyngekap
  • 1 wortel, gerasper
  • 300 g murgpampoentjies,
  • grofgerasper (opsioneel)
  • 1 Granny Smith-appel, grofgerasper
  • (opsioneel)
  • 30 ml (2 e) botter of olie
  • 500 g maer maalvleis (skaapof beesvleis of gemaalde oorskiet- koue gebraaide vleis)
  • 2 snye brood
  • 250 ml (1 k) melk
  • 2 eiers
  • 15 ml (1 e) matige kerriepoeier
  • 5 ml (1 t) borrie
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 2,5 ml (½ t) fyn koljander
  • 15 ml (1 e) suiker (opsioneel)
  • 10 ml (2 t) sout
  • 2,5 ml (½ t) peper
  • 30 ml (2 e) asyn of die sap
  • van 1 suurlemoen
  • 10 – 12 heel gepelde amandels
  • 125 ml (½ k) pitlose rosyne
  • 45 ml (3 e) blatjang
  • 4 suurlemoen- of lourierblare
  • en/of die gerasperde skil van
  • 1 suurlemoen
 

Method

1 hour
 
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF).
2. Braai die uie, knoffel, soetrissie, wortel, murgpampoentjies en appel, indien gebruik, effens bruin in warm botter of olie. As rou vleis gebruik word, soteer dit apart in ekstra botter of olie tot net effens gaar. Maak die
vleis los met ’n vurk.
3. Week die brood in die melk en druk die melk uit. Hou die melk eenkant en maak die brood fyn.
4. Meng die vleis met al die bestanddele, behalwe 125 ml (½ k) van die behoue melk, 1 eier en die suurlemoen-
of lourierblare.
5. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak en maak bo-op gelyk. Rol die blare op en steek hulle
regop in die mengsel in. As suurlemoenblare gebruik word, moet hulle in die lengte gehalveer word.
6. Bak 1 uur lank as rou vleis gebruik is en 30 minute in die geval van gaar vleis.
7. Klits die orige eier, 1 ml (¼ t) sout en die orige melk saam. Giet oor die vleis 20 minute voor dit uit die oond
gehaal word.
8. Sit voor met rys en blatjang.

WENK

• Vir ’n vegetariese bobotie, vul die groente aan met 250 ml (1 k) gerasperde botterskorsie en vervang die maalvleis deur 500 ml (2 k) saggekookte bruin lensies. Sit voor met rys en slaai. (Bruin rys en lensies saam verskaf aan die liggaam ’n kombinasie van proteïene wat vleis kan vervang.)
 
 

Read more on: bake
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X

Frozen Tiramisu

2017-12-13 10:48
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.