Bobotie

Recipe from: 7/10/2008 12:00:00 AM

Ingredients 15
Servings 6
Time

Ingredients

  • 1
    kg
    beesmaalvleis
  • 1
    dik sny bruinbrood
  • 250
    ml
    melk
  • 2
    uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 30
    ml
    sonneblomolie
  • 15
    ml
    matige kerriepoeier
  • 10
    ml
    borrie
  • 15
    ml
    fyn appelkooskonfyt
  • 1
    eier, geklits
  • 30
    ml
    witwynasyn
  • lourierblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3
    eiers
  • 375
    ml
    melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
 

Method

20
 

Verhit jou oond tot 180 grade C. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met 'n vurk. Verhit die olie in 'n pan en braai uie tot sag en effens bruin.

Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in 'n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by.

Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in 'n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. Sit in die warm oond en bak vir 15 minute. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper.

Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor. Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.

 

Read more on: waterless cookware  |  bake
 

You might also Like

NEXT ON FOOD24X
 
 

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
1 comment
Comments have been closed for this article.
 
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.