Mischu se ma se eiervrug-en-kekerertjiebredie

Huisgenoot
Recipe Disclaimer
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

Skil die eiervrugte, maar los die skil van sowat ’n derde daarvan aan – net omdat dit baie mooier lyk. Sny in kwarte, bestrooi met sout en sit vir 20 min. eenkant. Druk droog met kombuispapier.

Verhit die olie in ’n braaipan en braai die eiervrugstukke in sarsies tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Sny ’n kruis in die onderkant van elke tamatie en bedek met kookwater. Los ’n paar minute sodat die skil los­trek. Trek die skil af en kap fyn. Sit eenkant.

Verhit die ekstra olie in ’n swaarboomkastrol en soteer die uie tot deur-
skynend. Voeg die knoffel en kekerertjies by en soteer ’n paar minute.

Voeg dan die gekapte tamaties, tamatiepasta, brandrissiepoeier en sout by en kook 5 min. Voeg die water by en bring tot kookpunt.

Skep die mengsel uit en pak die eiervrug op die bodem van die kastrol. Skep die mengsel terug en strooi die ment oor. Sit die deksel op en laat prut 25-30 min. oor lae hitte. Sit warm of koud voor.

Wenk
Dié gereg kan tot ’n week met groot sukses in die yskas gehou word. Wel, dis as dit so lank hou . . .


New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.