Recipe Centre


Heuning-en-vyekoek


Cooking time: 30

Ingredients
500 g droëvye
200 g botter
175 g strooisuiker
gerasperde skil van 1 suurlemoen
gerasperde skil van 1 lemoen
4 eiers, geskei
225 g meel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
250 ml Bulgaarse jogurt
100 ml heuning
50 ml ekstra heuning om bo-oor te gooi

Method:

Voer 'n 23 cm-losboom-koekpan met bakpapier uit. Smeer of spuit die pan goed met 'n kleefwerende kossproei. Verhit oond tot 180 grade C.

Rangskik die vye onder in die pan. Klits die botter en suiker in 'n elektriese menger tot glad en romerig. Gooi die gerasperde skil by en meng goed. Voeg die eiergele by en klits die mengsel goed. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam.

Gooi by die bottermengsel en meng dit goed deur. Klits die eierwitte styf en vou die geklitste eier versigtig in. Skep die deeg oor die vye en bak in die oond vir 1 uur 15 minute. Net voor jy die koek uit die oond haal, verhit die 100 ml heuning effens.

Wanneer die koek gaar is, haal uit en gooi die warm heuning dadelik oor. Laat staan vir so 15 minute in die pan voor jy die koek uitkeer. Gooi die ekstra 50 ml heuning oor die koek net voor jy dit voorsit. Daarmee saam kan jy mascarpone-kaas of styfgeklopte room voorsit.

Recipe From : Sarie May 01, 2008

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : May 01, 2008

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Heuning-en-vyekoek
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map