Recipe Centre


Hoender-terrien

Preparation time: 40

Cooking time: 120

Ingredients
600 g ontbeende hoenderborsies (sonder vel), in blokkies gesny
250 g repiespek, in klein blokkies gesny
200 g hoender-maalvleis
1 gerasperde skil van suurlemoen
10 g botter
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, fyngekap
250 g portabellini-sampioene, fyngekap
50 ml fyngekapte pietersielie
5 ml sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
800 g blaardeeg
1 eier, geklits

Method:
Meng die hoenderborsies, spek, hoender-maalvleis en gerasperde suurlemoenskil saam. Smelt die botter in 'n pan en braai die ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg die sampioene by en braai oor 'n lae hitte vir so 10 minute. Strooi nou die gekapte pietersielie oor en laat afkoel.

Meng die afgekoelde mengsel met die hoendermengsel en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Verhit jou oond tot 200°C. Voer 'n gesmeerde broodpan van ongeveer 12 cm x 25 cm met een vel blaardeeg uit. Maak seker die blaardeeg hang oor die rand van die pan. Plaas die hoendermengsel in die pan. Vou van die blaardeeg oor die vleis.

Verf die rand met die geklitste eier. Sny die tweede vel deeg groot genoeg om bo-op te pas. Met die orige deeg kan jy mooi patrone sny om die terrien te versier. Verf dié laag van die deeg ook met die geklitste eier.

Plaas jou oondrak in die middel van die oond en bak in die voorafverhitte oond vir 15 minute. Verlaag dan die hitte na 180°C en bak verder vir 1 ? 1¼ uur. Laat afkoel in die pan voor jy dit uitkeer.

Recipe From : Sarie March 01, 2008

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : March 01, 2008

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Hoender-terrien
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map