Recipe Centre
Mosselroomsop
Preparation time: 10
Cooking time: 10
Ingredients
300 g
vars of bevrore mossels (uit die skulp)
20 g
botter
1
ui, fyngekap
1
knoffelhuisie, fyngekap
200 ml
witwyn
1
lourierblaar
2 takkies
vars tiemie
2 takkies
vars vinkel
150 ml
room
5 ml
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Method:
Smelt die botter in 'n kastrol. Braai die
ui en knoffel tot sag en deurskynend.
Voeg die wyn, lourierblaar en tiemie
by en bring tot kookpunt. Voeg die
mossels by, maak toe met 'n deksel
en laat kook vir 3 minute. Haal die
mossels uit en hou warm. Bring die
vloeistof weer tot kookpunt en laat
kook vir 2 minute. Voeg die room by
en verhit tot net by kookpunt. Geur
met sout en vars gemaalde swartpeper.
Skep die mossels in 'n bakkie en gooi
die sous oor. Garneer met 'n vars
vinkeltakkie en vars tiemie.
Wenk
Jy kan vir ekstra geur sowat
100 ml gekapte pietersielie byvoeg.
Recipe From : Sarie February 01, 2008
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: February 01, 2008
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










