Recipe Centre


Marmerkoek

Preparation time: 40

Cooking time: 40

Ingredients
250 ml botter
500 ml suiker
4 eiers
550 g koekmeel
30 ml bakpoeier
5 ml sout
375 ml melk
10 ml vanieljegeursel
10 ml pienk kleursel-jel
250 g botter (vir botterversiersel)
500 g versiersuiker, gesif (vir botterversiersel)
30 m melk(vir botterversiersel)

Method:
Room die botter en suiker. Klits die eiers tot lig van kleur en voeg by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die mengsel. Voeg nou die vanieljegeursel by. Deel die beslag in twee. Voeg 'n mespunt pienk kleursel by die een deel van die beslag en roer deur. Skep die helfte van die ongekleurde beslag in 2 koekpanne (omtrek 23 cm). Gooi die pienk beslag bo-op die wit beslag (laat dit kronkels maak) en bedek met die oorblywende wit beslag. Bak in 'n warm oond teen 180°C vir 30 tot 40 minute totdat 'n toetspen skoon uitkom.

Botterversiersel
Gebruik botter en nie margarien nie ? dit maak 'n gróót verskil. Laat die botter sag word by kamertemperatuur. Ek gebruik 'n elektriese menger om die versiersel te maak. Room die botter tot glad en voeg die gesifte versiersuiker bietjie vir bietjie by. Meng goed en voeg die melk by om dit gladder te kry. Smeer van die versiersel op een van die koeke. Plaas die ander koek bo-op en smeer van die versiersel om die koek. Skep die res bo-op die koek en gebruik 'n vurk om patrone te maak.

Sjokolade-band
Meet die omtrek en hoogte van die koek. Sny 'n transparant (asetaat by kuns- of papierwinkels) die regte grootte. Smelt 300 g wit sjokolade. Kook water in 'n kastrol en haal af van die hitte. Sit die sjokolade in 'n glasbak en plaas dit oor die kastrol om te smelt. Roer elke nou en dan. Maak 'n klein spuitsak van papier. Skep 'n klein bietjie sjokolade in 'n ander bakkie en kleur dit pienk met poeierkleursel. Skep die pienk sjokolade in die papierspuitsak en knip die punt oop. Spuit nou enige patroon op die asetaat. Laat die sjokolade heeltemal droog word. Smeer dan die res van die wit sjokolade oor die pienk sjokolade. Moenie dat die wit sjokolade heeltemal hard word nie, anders sal jy nie dit nie rondom die koek kan sit nie. Hou mooi dop: wanneer dit effens verhard, plaas jy die band om die koek. Los die band om die koek tot dit heeltemal hard is. Verwyder die asetaat versigtig.

Goeie idee
Versier die koek bo-op met vars rose.

Slim wenk
Jy kan ook 'n sjokolade-en-pienkmarmerkoek maak. Volg die resep presies soos hierbo, maar voeg 45 ml gesifte kakao by die wit mengsel.

Recipe From : Sarie November 01, 2007

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : November 01, 2007

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Marmerkoek
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map