Recipe Centre


Geroosterde pampoen-en-hoenderslaai

Preparation time: 20

Cooking time: 30

Ingredients
1 gaar hoender
2 pakke pampoen in blokke gesny (500 g elk)
50 ml olyfolie
4 rooi uie (in kwarte gesny)
8 groot knoffelhuisies
2 groot brandrissies
3 wiele fetakaas
1 hand vol vars basiliekruid
5 ml sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Method:
Bedek die pampoenstukke, uikwarte, knoffelhuisies en brandrissie met olyfolie. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Rooster in 'n warm oond teen 200°C vir sowat 40 minute totdat die pampoen sag en effens gekaramelliseer is. Laat eenkant staan om heeltemal af te koel. Breek die hoender van die been af en verwyder die vel. Maak die slaaisous deur al die bestanddele saam te meng en gooi oor die hoender. Breek die fetakaas in groterige stukke. Rangskik al jou bestanddele op 'n opdienbord. Breek vars basiliekruidblare oor en geur met sout en vars swartpeper.Die knoffelhuisies sal lekker sag wees: wanneer jy die slaai eet, druk die knoffel uit die skil oor jou slaai.

Recipe From : Sarie September 01, 2007

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : September 01, 2007

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Geroosterde pampoen-en-hoenderslaai
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map