Recipe Centre
Ravioli
Preparation time: 30
Cooking time: 30
Ingredients
500 ml
tamatiesous
250 g
pasta
500 g
ricotta-en-spinasie vulsel
100 g
gerasperde parmesaan- of pecorino-kaas, of jy kan parmesaan-skaafsels maak
1 hand vol
vars basiliekruid
Method:
Rol die pastadeeg in lang stroke uit. Skep die ricotta-vulsel
met 'n teelepel ver uitmekaar op die pastastroke. Smeer 'n
bietjie water met 'n kwassie om die rande en plaas nog 'n
pastastrook bo-op.
Druk die pasta-vel goed vas en maak seker dat daar nie lugblasies is nie. (As lugblasies vorm, sal die pasta-sakkies oopkook.) Druk uit met 'n koekie- of ravioli-drukker. Strooi meel op 'n bakplaat en plaas die ravioli bo-op.
Bring water tot kookpunt in 'n groot kastrol. Dompel die ravioli versigtig in die kookwater, en wanneer hulle na bo kom, haal dit versigtig uit en hou in 'n bak op 'n warm plek.
Skep die tamatiesous oor en sit voor met
gebreekte, vars basiliekruid en parmesaan-kaas.
Recipe From : Sarie April 01, 2007
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: April 01, 2007
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










