Recipe Centre
Creme` brulee- tert
Ingredients
250 g
Meel
Knippie Sout
25 g
Fyn Amandels
15 ml
Versiersuiker
150 g
Ongesoute Botter (in blokkies gesny)
11
Eiergele
45 ml
Koue Water
40 ml
Mielieblom
125 g
Strooisuiker
2 ml
Vanielgeursel
200 ml
Volroommelk
400 ml
Room
Method:
Meng die meel, sout, amandels en versiersuiker in jou voedselverwerker.
Voeg die botter by en meng tot dit soos broodkrummels lyk.
Voeg die eiergeel en genoeg water by om n` stywe deeg te vorm.
Bedek met kleefplastiek en laat rus vir sowat 1 uur in die yskas.
Rol die deeg uit en voer n` gesmeerde tertbak daarmee uit.
Prik die bodem met n` vurk.
Plaas bakpapier bo-op en vul met boontjies.
Bak vir 10 minute teen 200 graad C.
Verwyder die papier en boontjies en bak nog 5-10 minute tot die deegkors gaar en bros is.
Klits die eiergele, mielieblom, strooisuiker en vanieljegeursel saam in n` elektriese menger.
Verhit die melk en room saam (dit moenie kook nie).
Voeg by die eiermengsel en meng goed.
Plaas die mengsel terug in die kastrol en hou aan met roer tot die vla verdik het.
(Jy wil nie roereiers maak
nie, maar vla!)
Gooi die vla in n` ander bak en plaas n` stuk waspapier oor die vla ? dit sal keer dat n` vel bo-op vorm.
Laat tot kamertemperatuur afkoel.
Gooi die vulsel in die klaargebakte tertdop en bak vir 20 minute teen 180 graad C.
Jy kan dit verder onder die oondrooster verbruin.
Laat die tert heeltemal koud word in die yskas, verkieslik oornag.
Recipe From : Sarie March 01, 2007
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: March 01, 2007
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










