Recipe Centre
Ontbeende lamboud met aartappels en fetakaas
Ingredients
1
Ontbeende Lamboud (gebind met tou)
4
Knoffelhuisies
2
Vars Roosmaryntakke
1
Suurlemoensap
Sout en Vars Gemaalde Swartpeper
8
Middelslag Aartappels (geskil)
150 ml
Olyfolie
15
Klein Rosa Tamaties
200 g
Fetakaas (gebreek in blokke)
Method:
Maak klein snytjies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies en roosmaryntakke in die snye.
Gooi die suurlemoensap oor die lamsboud en geur met sout en swartpeper.
Sny die aartappels in skywe en pak dit in n` oondbak.
Geur met sout en swartpeper.
Gooi die olyfolie oor die boud en aartappels.
Maak die bak toe met tinfoelie.
Plaas in n` warm oond teen 180 graad C.
Haal die tinfoelie ná 30 minute af.
Daar sal nou baie sap in die bak wees.
Plaas terug in die oond vir nog 30 minute.
Haal uit en sit die fetakaas en tamaties rondom die
lamsboud en bak vir nog sowat 20 minute.
Recipe From : Sarie May 01, 2007
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: May 01, 2007
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










